Maatskappy hou eerste geslaagde bloedskenkkliniek en skenk 25 eenhede

Die personeel van Truck and Tractor Specialist Plant, ook bekend as JCB, het Vrydag hul eerste bloedskenkkliniek in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) aangebied. Die organiseerders het ook hul bure uitgedaag om saam met hulle bloed te skenk en 25 eenhede is verskaf waarby sowat 75 mense kan baat. Nare Betha, kliniektoesighouer van …

Die personeel van Truck and Tractor Specialist Plant, ook bekend as JCB, het Vrydag hul eerste bloedskenkkliniek in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) aangebied. Die organiseerders het ook hul bure uitgedaag om saam met hulle bloed te skenk en 25 eenhede is verskaf waarby sowat 75 mense kan baat.
Nare Betha, kliniektoesighouer van SANBS, sê dat die byeenkoms baie suksesvol was, veral omdat die besigheid nie soveel perso­neel het nie.
“Dit is wonderlik dat ons nog ‘n kliniek by ons lys kon voeg om mense wat bloedoortappings nodig het te help,” sê Betha.
Lorna Schaap, ontvangsdame by JCB sê dat hulle besluit het om by die SANBS betrokke te raak omdat hul by gemeenskap betrokke wil wees en in die toekoms definitief weer so ‘n geleentheid sal aanbied. Besighede en skole wat belangstel om ‘n bloedskenkkliniek te hou, kan Dottie Pinn, skakelbeampte van die SANBS, by 015 283 3600 of 082 491 8391 skakel.
Die minimumvereistes is dat skenkers tussen die ouderdomme van 16 en 65 jaar oud moet wees, meer as 50 kg moet weeg, goeie gesondheid geniet en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Foto’s: Leandri van Schalkwyk
Bennie Pieterse is gereed om bloed te skenk. Saam met hom is Nare Betha, kliniektoesighouer van die SANBS.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version