CrimeNewsUpdate

‘Ek het nog niks van die polisie gehoor nie’ verkragtingslagoffer

Die vrou wat verlede Maandagaand by haar werkplek by ‘n Bendor besigheidspark verkrag is, het ‘n volledige beskrywing van haar aanvaller aan die polisie gegee, en deur dit is ‘n identikit gemaak.

POLOKWANE -Die vrou wat verlede Maandagaand by haar werkplek by ‘n Bendor besigheidspark verkrag is, het ‘n volledige beskrywing van haar aanvaller aan die polisie gegee, en deur dit is ‘n identikit gemaak.

Sy sê sy die identikit aan ‘n vriendin gegee het om op Facebook te sit met die hoop dat die verdagte gevang kan word.

“Sedert die aand van die voorval het ek nog niks van die polisie gehoor nie. Ek is nie eens seker of daar ‘n saak geopen is nie, want tot hierdie uur was ek nie geneem vir ‘n forensiese ondersoek nie, want die aand van die voorval het die polisie nie ‘n verkragtigstoets gehad nie. En soos ek verstaan is dit nodig vir die insameling van bewyse. Ek het intussen al die nodige mediese sorg privaat verkry, asook sielkundige behandeling,” verduidelik die slagoffer.
Volgens Phala is daar ‘n saak van verkragting geopen, maar daar is nog geen arrestasie nie en die polisie se ondersoek duur voort.
Enige persoon met inligting wat kan help om die verdagte op te spoor kan die naaste polisiestasie kontak of vir Anuschka van der Merwe by 071 674 5664.

Lees meer:

(KLANKGREEP) Nie vir sensitiewe luisteraars nie!! Verkrag en verniel

Rape at gym: here’s the suspect

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button