Local NewsNews

Bejaardes sing op Maandae

Twee inwoners van Vergeet My Nie Behuisingskema, Marie Erasmus en Martie Swart, et besluit om een maal 'n week, op 'n Maandag, vir 'n uur lank 'n Song Song te hou.

POLOKWANE – Twee inwoners van Vergeet My Nie Behuisingskema, Marie Erasmus en Martie Swart, het eendag besef dat daar inwoners by Vergeet My Nie en Martha Hofmeyr is wat dag in en dag uit in hulle kamers en woonstelle sit en nooit met die ander inwoners meng nie.

“Om so te sit en net te wag vir jou dood is geweldig ongesond, dus het ons ‘n plan gemaak.” vertel Marie.

Die twee vroue het besluit om een maal ‘n week, op ‘n Maandag, vir ‘n uur lank ‘n Song Song te hou waar die inwoners almal saam kan kom sing.

“Ons het sangboeke en sing van ou FAK liedjies tot Christelike liedjies. Dit help die mense om uit hul kamers te kom,” vertel Marie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button