Local sportNewsSport

Karateka is een van agt gekies vir internasionale kampioenskap

Review het met Witsche gesels oor sy sukses in Shotokan Karate en hoe dit gekom het dat hy aan die sportsoort begin deelneem het.

POLOKWANE – Witsche Brits jnr. (25), is een van net agt Suid-Afrikaners wie gekies is om aan die International Shotokan Karate Federation (ISKF) se Internasionale Kampioenskappe in Kaapstad te gaan deelneem.

“Ek is nog geskok nadat ek vir die eerste keer gekies is. Dit sal interessant wees om te sien hoe Suid-Afrika met die res van die wêreld in karate vergelyk,” vertel Witsche.

Hy is tans ‘n tweede dan swartgordel en ook instrukteur by Karate and Self Defense Academy (KSDA) saam met Martin Bochnig. “Ek sal waarskynlik teen middel volgende jaar my derde dan swartgordel ontvang.”

Review het met Witsche gesels oor sy sukses in Shotokan Karate en hoe dit gekom het dat hy aan die sportsoort begin deelneem het

“My pa, Witsche Brits snr., het ook martial arts gedoen en ek het in sy voetspore gevolg.

Ek beoefen karate nie om te baklei nie maar om myself te kan verdedig.”

Hy het met karate begin op agtjarige ouderdom en doen Shotokan Karate vir die afgelope 17 jaar. Hy is die afgelope vier jaar gekies vir die Limpopospan.

Witsche oefen vyf dae ‘n week van Maandag tot Vrydag. “Ek oefen graag in boot camp en in die gimnasium om my fiksheid op te bou.”

Hy hou ook van karate omdat dit hom dissipline leer en help fokus.

“Ek was woelig toe ek jonger was en het gesukkel om te konsentreer op skool. Karate het my geleer om kalm te bly en te fokus en het my skoolprestasies verbeter.”

“Karate leer jou om jou beste self te wees en jouself telkens te verbeter. Ja, daar is kompetisies waaraan jy deelneem maar die regte kompetisie is teen jouself, wat ook uitdagend kan wees,” voeg hy by.

Hy kyk ook op na sy pa aangesien hy hom geleer het om altyd sy beste te gee en dat hy enigiets kan bereik.

 

Hy het ook raad vir diegene wie graag met karate wil begin

“Dit hang af van persoon tot persoon maar karate leer jou selfvertroue en dit leer jou dat jy enigiets met harde werk kan bereik.”

Les bes, leef Witsche sy lewensleuse, naamlik “Probeer altyd die beste wees vir ander mense en jouself”.

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button