Local NewsNews

Twee sterf, drie beseer in heli-ongelukke

Twee mense is dood en drie beseer in twee afsonderlike helikopterongelukke op Dinsdag en Woensdag. Die vlieënier, David Boul en ‘n passasier, Ronald Matsunga is dood toe ‘n privaatheli­kopter Dinsdagoggend ongeveer 100 km noordwes van Polokwane in die Senwabarwana-omgewing naby Bochum neergestort het. Nog ‘n insittende, Phineas Sekwela is ernstig beseer en in die Helen …

A  veterinarian and game catcher, Niel Kriel and Dirk Uys, were injured in a second crash outside Lephalale yesterday (Wednesday).
A veterinarian and game catcher, Niel Kriel and Dirk Uys, were injured in a second crash outside Lephalale yesterday (Wednesday).

Twee mense is dood en drie beseer in twee afsonderlike helikopterongelukke op Dinsdag en Woensdag.
Die vlieënier, David Boul en ‘n passasier, Ronald Matsunga is dood toe ‘n privaatheli­kopter Dinsdagoggend ongeveer 100 km noordwes van Polokwane in die Senwabarwana-omgewing naby Bochum neergestort het.
Nog ‘n insittende, Phineas Sekwela is ernstig beseer en in die Helen Frans Hospitaal opgeneem. Daar word vermoed dat hy by die helikopter uitgespring of -geval het voordat dit die grond getref het en seergekry het toe hy elektriese drade getref het.
Teen druktyd kon provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto slegs bevestig dat die helikopter vermoedelik tegniese probleme gegee en neergestort het.
“Die helikopter het vermoedelik in ‘n paal vasgevlieg en in vlamme uitgebars die oomblik wat dit die grond getref het,” het Otto Dinsdag gesê.
Sy sê die helikopter is glo deur ‘n besigheid in Johannesburg wat met die oprigting van antennas in die omgewing van die Blouberg gemoeid is, gebruik. Die helikopter behoort aan Henley Air.
‘n Bron wat op die toneel was, het gesê die oorsaak sal eers later bekend gemaak word.
Hoof-uitvoerende beampte en hoof­vlieënier van Henley Air, André Coetzee het uit Switserland die voorval bevestig.
“Ek het nog nie baie besonderhede oor die voorval nie. Ek kan wel bevestig dit is een van ons helikopters wat mense na die Sentech-mas op die berg vervoer het,” sê Coetzee.
Die burgerlugvaartowerheid sal ook ‘n ondersoek na die voorval loods.
Teen druktyd het Otto bevestig dat ‘n veearts, Niel Kriel en wildvanger, Dirk Uys beseer is nadat ‘n ligte helikopter gister (Woensdag) op ‘n plaas naby Lephalale neergestort het.
Die oorsaak is nie bekend nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Featured photo: Henley Air helicopter pilot David Boul and one of his passengers, Ronald Matsunga died on Tuesday in a helicopter crash at Senwabarwana which left a second passenger, Phineas Sekwela seriously injured.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button