CrimeNewsUpdate

Raaiselmoord: geen antwoorde dusver

Review het ook met Castleman se dogter, Jennifer Claassen, gepraat.

LOUIS TRICHARDT – Maggie Castleman (48) se lyk was op 12 September langs haar motor in Presidentstraat gekry.

Castleman het voor Gouws Auctioneers gesit in haar motor om gebruik te maak van die gratis Wi-Fi op die perseel.

Johnny Gouws, eienaar van Gouws Auctioneers, het op Castleman afgekom waar sy gewond op die grond gelê en asemhaal het.

Volgens Gouws het Castleman se selfoon naby haar bene gelê.

Die moord is ‘n raaisel. As dit rowers was, hoekom het hulle nie ook haar selfoon gevat nie?” vra Gouws.

Volgens konst. Irene Radzilane, Makhado polisie woordvoerder, is hulle tans besig om ‘n saak van moord te ondersoek.

Review het Woensdagoggend kol. Ronél Otto, provinsiale polisie woordvoerder, gevra of daar enige nuwe verwikkelinge in die ondersoek is.

“Daar is nog geen nuwe verwikkelinge in die ondersoek nie,” sê Otto.

Review het ook met Castleman se dogter, Jennifer Claassen, gepraat.

“Daar is nog geen nuwe verwikkelinge nie.

“Ek het vanoggend met die ondersoekbeampte gepraat, maar hy kon nie oor die saak uitbrei nie,” sê Claassen.

Die Makhado polisie vra dat die gemeenskap saam met hulle hande neem om enige inligting oor die saak aan te meld by (015) 519 4300.

 

Lees meer:

Haar lewe vir ‘n tabletrekenaar

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button