NewsSchools

Sirkus alá Oosskool

By Laerskool Pietersburg-Oos se Revue 2015, wat bekend is as Sirkus alá Oosskool het hulle behoorlik 'n sirkus mania gehad.

POLOKWANE – Narre, springmielies, spookasem en leeus, dit is maar ‘n paar dinge wat ‘n mens by ‘n sirkus sal vind.

By Laerskool Pietersburg-Oos se Revue 2015, wat bekend is as Sirkus alá Oosskool het hulle behoorlik ‘n sirkus mania gehad. Van Maandag, 28 September tot Woensdag, 30 Sepember was die sirkus te sien in Oossool se saal waar hulle gedans en gesing het.

Daar was kosstalletjies met sirkus-versierde kolwyntjies, vars gespringde springmielies en spookasem… asook stokworse en pizza vir die wat nie ‘n soettand het nie.

Meer videos

“Ek het die optrede vreeslik geniet. Dit was duidelik dat die lang ure se oefening die moeite werd was en ‘n mens kan sien die kinders geniet dit ook” sê Tammie Verster, een van die gaste.

 

Meer foto’s

Lees meer in Review Weekend

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button