NewsSchools

Ons vra die kinders wie hul gunsteling onderwyser is en hoekom

Vir Wêreldonderwyserdag het Review na Laerskool Pietersburg (Suidskool) gegaan en met die leerders gaan gesels om te hoor wie hulle gunsteling onderwysers is en hoekom.

POLOKWANE – Wêreldonderwyserdag vind op 5 Oktober plaas.

Review het na Laerskool Pietersburg (Suidskool) gegaan en met die leerders gaan gesels om te hoor wie hulle gunsteling onderwysers is en hoekom.

Jonathan Muller.
Jonathan Muller.

Jonathan Muller (gr. R) sê hy hou baie van Lenytte Bosman omdat sy vir hom baie tekenwerk gee en ook lekker vrugte gee om te eet.

Emily de Lange.
Emily de Lange.

Yolandi Velloen is Emily de Lange (gr. 1) se gunsteling onderwyser want as die klas soet is gee sy vir die hele klas lekkergoed as beloning.

Dominique Faul.
Dominique Faul.

“My gunsteling onderwyser is juffrou Karen Muller omdat sy baie slim is. Sy gee wiskunde en help my as ek sukkel,” vertel Dominique Faul (gr. 2).

Clayton de Bruyn.
Clayton de Bruyn.

Clayton de Bruyn (gr. 3) sê dat Talitha Wessels sy gunsteling onderwyser is omdat sy hom baie rondstuur om goed vir haar te doen.

Karlize Bacher.
Karlize Bacher.

“My gunsteling onderwyser is juffrou Amri van Aarde omdat sy nooit baie huiswerk gee nie. Sy maak die lesse baie interessant sodat ek die werk geniet,” sê Karlize Bacher (gr. 4).

Chandré Faul.
Chandré Faul.

“Juffrou Marissa Wepener is my gunsteling onderwyser omdat sy altyd die werk woord vir woord verduidelik, sy is ook baie snaaks,” glimlag Chandré Faul (gr. 5).

Augusta van Niekerk.
Augusta van Niekerk.

Augusta van Niekerk (gr. 6) vertel dat Cornet van der Merwe haar gunsteling onderwyser is omdat sy altyd vriendelik is en altyd daar is as sy hulp nodig het.

Danae Marais.
Danae Marais.

Charlotte van den Bergh is een van Danae Marais (gr. 7) se gunsteling onderwysers omdat sy ‘n groot passie het vir kinders en al haar leerders graag help. Haar ander gunsteling onderwyser is Martin Krone omdat hy baie moeite doen en altyd vriendelik is met al die leerders.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button