Bosveld Bar en Grill Boeremark verras

Daar was iets van alles te kies en keur by die Bosveld Bar en Grill maandelikse boeremark.

POLOKWANE – Vroeg Saterdagoogned was daar reeds ‘n geskarrel en gewerskaf by die Bosveld Bar en Grill soos uitstallers hulle stalletjies reggekry het vir die maandelikse boeremark wat sou plaasvind.

Daar was iets van alles te kies en te keur, van skilderye en hekelwerk tot vars heuning en gebottelde produkte. Kinders kon heerlik onder die bome speel en baljaar terwyl pappa ‘n koue ene in die kroeg geniet.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version