Leerders dra geel vir kinders met kanker

Die stad is die afgelope week geel geverf toe verskeie skole hulle ondersteuning vir kinders met kanker gewys het deur geel hemde te dra. Pietersburg English Medium Primary School (Pemps), Pemps Grade R, Laerskool Pietersburg-Noord Primary (Noordskool), Noordjieland, Pre-primêre Skool Suikerbekkie, Erica Pre-primêre Skool en Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het aan die geleentheid deelgeneem. Karen Adlem, skoolhoof …

Kansa Polokwane se TLC-fasiliteerder, Bobby Were saam met Ditshego Marule en Kopano Thobakgale van Pemps Grade R.
Kansa Polokwane se TLC-fasiliteerder, Bobby Were saam met Ditshego Marule en Kopano Thobakgale van Pemps Grade R.

Die stad is die afgelope week geel geverf toe verskeie skole hulle ondersteuning vir kinders met kanker gewys het deur geel hemde te dra.
Pietersburg English Medium Primary School (Pemps), Pemps Grade R, Laerskool Pietersburg-Noord Primary (Noordskool), Noordjieland, Pre-primêre Skool Suikerbekkie, Erica Pre-primêre Skool en Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het aan die geleentheid deelgeneem.
Karen Adlem, skoolhoof van Pemps Grade R en organiseerder van die byeenkoms, verduidelik dat sy verskeie skole, veral kleuterskole, genader het om aan die inisiatief deel te neem. September is bewusmakingsmaand vir kinders met kanker en die kleur wat daarmee geassosieer word is goud. Daarom het die kinders geel gedra, om die goue kleur te versinnebeeld.
“Ek het gereken dit sou ‘n goeie idee gewees het om so projek in die stad te loods en kinders betrokke te kry. Dit was wonderlik om al die kinders opgetooi in geel te sien,” sê Adlem.
Sy voeg by dat hulle ook geld ingesamel het vir kinders met kanker deur geel en goue strikkies te verkoop. Die inisiatief is goed ondersteun en Adlem wil in die toekoms definitief weer ‘n bewusmakingsveldtog aanpak.
Verskeie kleuterskole en laerskole in Polokwane het ook verlede Woensdag en Dinsdag aan optogte in die stad deelgeneem as deel van hierdie inisiatief.
Bobby Were, Kansa Polokwane se TLC-fasiliteerder sê dat dit wonderlik was om te sien hoe jong kankerlyers ondersteun word. Hy voeg by dat dit ‘n hoendervleisoomblik was toe leerders van Noordskool in geel reg rondom hulle skool gestaan het om mense meer bewus te maak van die tipes kanker wat kinders tref.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Foto: Leerders van Pemps Grade R vaar die strate in saam met leerkragte, Bianca Oelofse, Anri Matthee en Karen Adlem (skoolhoof).

Kopano Thobakgale van Pemps Grade R, is trots om iets vir kinders met kanker te doen.
Kayla Krause en De Wet Burger van Osieteddies ondersteun kinders met kanker.
Erica Pre-primêre Skool se Wernich van der Walt wys van die bewusmakingplakkate wat sy skool gemaak het.
Pemps Grade R se Gontse Masehela wys trots die plakkaat wat sy gemaak het.
Erica Pre-primêre Skool se leerders wys hulle ondersteuning.
Osieteddies se Anuska Deyzel is opgetof in geel en met ‘n geel ballon.
Exit mobile version