Bosveld NewsNews

WAARSKUWING: Kriminele teiken weer inwoners

Dit is onlangs onder Bosveld se aandag gebring dat talle van ons lesers deel vorm van die misdaadsyfer in ons dorp.

MOKOPANE – Dit is onlangs onder Bosveld se aandag gebring dat talle van ons lesers deel vorm van die misdaadsyfer in ons dorp.

Ons wil graag die gemeenskap paraat daarop maak om hul voertuie ten alle tye te sluit en dubbeld seker te maak die voertuig is gesluit wanneer dit alleen gelaat word.

Kriminele gebruik steeds ‘n afstandbeheerder wat met die golwe van jou kar se elektronies toesluitstelsel meng om toegang tot motors te kry.

Moenie kosbare items binne sig laat nie en wees ekstra versigtig wanneer geld by die ATM getrek word. Meld asb alle diefstalle so spoedig moontlik by jou naaste polisiestasie aan en help om die verdagtes vas te trek.

Related Articles

Back to top button