Local NewsNews

Aanrandsaak teen plaaslike fotograaf

'n Plaaslike fotograaf het 'n jong vrou by 'n plaaslike laerskool ten aanskoue van geskokte onderwysers en leerders aangerand.

POLOKWANE – ‘n Jong vrou het vandeesweek ‘n saak van aanranding teen ‘n bekende fotograaf in die stad by die polisie oopgemaak nadat hy haar by ‘n plaaslike laerskool ten aanskoue van geskokte onderwysers en leerders aangerand het.

Die vrou, wie naamloos wil bly om nie haar hofsaak the benadeel nie, het Dinsdag haar kinders gaan aflaai…volgens ooggetuies het sy by die klasse verby die man geloop toe hy soos ‘n “besetene” op haar begin skreeu en haar begin slaan het.

 

Die vrou se ma, Elize Steenberg, was bereid om met Review te gesels…

“Terwyl sy oppad na een van haar kinders se klas was het my dogter verby ‘n man geloop wie tans met haar suster uitgaan…met haar terugkeer het sy weer verby die man geloop en is toe deur hom aangerand.

“Sy het geval nadat hy haar in die gesig geslaan het en toe sy op die grond beland was die man op haar en het hy haar aanhoudend geslaan.”

Volgens Steenberg is die man ‘n bekende fotograaf in die stad.

“Hy het self vir my skoonseun wie buite die skool in die voertuig gesit het, gaan inlig dat hy my dogter aangerand het.”

Die egpaar is reguit van die skool na die polisiestasie om ‘n saak van aanranding te maak waar hulle die man weer gesien het en hy toe aan die egpaar genoem het dat hy pas ‘n naamskendingsaak teen die vrou oopgemaak het.

Die vrou is daarna na ‘n dokter waar sy vir verskeie wonde behandel is.

Steenberg meen die aanranding op haar dogter is die gevolg van verskeie sake wat in Mei vanjaar teen die fotograaf geopen is nadat vermoed is haar jongste dogter met wie hy tans uitgaan, en haar kinders, word deur hom aangerand. Die saak word tans ook ondersoek.

Polokwane se polisiewoordvoerder, kapt. Ntobeng Phala, het bevestig ‘n saak van aanranding is teen die man geopen en sal ondersoek word.

Na talle oproepe na ‘n nommer van die man wat deur die familie aan Review verskaf is kon hy nie vir kommentaar opgespoor word nie.

 

 

Lees meer in Review Weekend

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button