Loudine Redelinghys: ‘Mev. Polokwane leer jou selfvertoue’

In November 2014, is Loudine Redelinghuys aangewys as die Mev. Polokwane 2015 wenner.

POLOKWANE – In November 2014, is Loudine Redelinghuys aangewys as die Mev. Polokwane 2015 wenner.

Kyk jy nou na die video wat minute na haar kroning geneem is, kan jy nie glo dit is dieselfde jong vrou wat voor jou sit nie.

Behalwe dat sy baie op haar senuwees en tot stilte geskok was, was sy nog nie so bekwaam en betrokke by talle gemeenskapsprojekte nie.

Vandag sien sy kans om maklik voor 300 mense te praat sonder om bang te wees en om uit te reik na gemeenskappe en warm komberse en sop uit te deel.

“My termyn as Mev. Polokwane is amper op ‘n einde en ek wil nou ander vroue aanmoedig om ook in te skryf.

“Dit is nie te sê as jy skaam is jy moet nie inskryf nie. Jy leer baie selfvertroue en jy het jou eerste prinses sowel as die lede van die Polokwane komitee om jou te help.”

Sy vertel dat een van die vele aangename dinge wat met haar gebeur het, was die nuwe vriendinne wat sy gemaak het.

“Ons top 10 finaliste het almal vriendinne geword. Al wen jy nie, is dit ‘n heerlike projek om aan te pak.”

Loudine vertel dat Mev. Polokwane nie baie van haar tyd in beslag geneem het nie, en dat sy steeds tyd vir haar dogtertjie en haar man gemaak het.

“Dit hang af van jou beplanning en van die geleenthede wat jy reël. Elke vrou moet haar eie inisiatief gebruik, dit maak nie saak wat jy reël nie, solank jy iets teruggee aan die gemeenskap.”

Laastens sê sy dat besighede graag die gemeenskapsprojekte van Mev. Polokwane wil ondersteun, so ‘n mens sukkel nooit regtig om ‘n hand na die gemeenskap uit te reik nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version