Editor's choiceLocal NewsNews

Verkragtingslagoffer: ‘los asseblief my kinders uit’

Mariaan Wentzel, ‘n inspekteur by die DBV, is op 23 Maart deur ‘n Zimbabwiër verkrag op hul plaas in Renosterfontein buitekant Vaalwater.

LEPHALALE – “Ek sal hom vergewe, maar nie vergeet wat hy aan my gedoen het nie.”
Mariaan Wentzel, ‘n inspekteur by die DBV, is op 23 Maart deur ‘n Zimbabwiër verkrag op hul plaas in Renosterfontein buitekant Vaalwater.

Mariaan Wentzel, ‘n inspekteur by die DBV, is op 23 Maart deur ‘n Zimbabwiër verkrag op hul plaas in Renosterfontein buitekant Vaalwater.
Mariaan Wentzel, ‘n inspekteur by die DBV, is op 23 Maart deur ‘n Zimbabwiër verkrag op hul plaas in Renosterfontein buitekant Vaalwater.

“Ek het hom verwyt, was kwaad vir alles en almal. Ek het vrae gehad oor waarom dit moes gebeur het.
“Ek was bang, onseker of hy vriende het wie ook gaan kom om my seer te maak. Dié seer gaan nooit weg nie, dit spook by ‘n mens vir die res van jou lewe maar dit help om daaroor te praat,” sê Wentzel.
Dis baie moeilik vir haar familie, veral haar kinders, sê sy. “As gesin moet ons nog ‘n lang pad stap tot genesing,” voeg sy by.
Op die dag van die voorval het Wentzel en haar gesin van Lephalale na hul plaashuis in Renosterfontein verhuis. Sy en haar drie kinders was in die sitkamer besig om bokse uit te pak toe die man, Ian Chucko (29), gewapen met ‘n ysterpyp, die vertrek instap.
“My rug was na die deur en die volgende oomblik het my hond tekere gegaan en my kinders – twee dogters van sewe en nege jaar oud en ‘n seun van vyf, begin gil.
“Toe ek omdraai het hy my die eerste keer geslaan. Ek het gevra wat hy wil hê, maar hy het sy vinger op sy lippe gesit en gewys ek moet stilbly. Hy het gesê hy soek geld, maar ek het vir hom gesê ek het nie,” vertel Wentzel.
Sy het vir hom gesê hy kan die televisie, rekenaar en selfone neem, enigiets. “Hy het my toe weer geslaan en twee selfone gevat. Ek het vir my kinders geskree om badkamer toe te gaan, wat hulle gedoen het. Hy het my by die voordeur uitgestamp. Ek was op die grasperk en het gepleit hy moes ons nie seermaak nie. “Hy het my op my kop geslaan en terselfdertyd na sy broek gewys. Toe weet ek dis moeilikheid.”
Haar kinders wie in die badkamer was, het by die venster uitgekyk en geskree toe hulle hul erg bloeiende ma sien.
“Ek het gevra, ‘nie voor my kinders nie’ en hom gesmeek om my kinders uit te los. Hy het my na die waterpomphuisie sowat 10 meter van die huis gevat en my daar verkrag.
“Ek weet nie waar my kalmte vandaan gekom het nie. Dit is genade van Bo wat my gelei het. In ‘n stadium het dit vir my gevoel of ek nie meer in my liggaam is nie. Dit was asof God oorgevat het om dit vir my makliker te maak.”
Wentzel sê toe Chucko was daarna baie senuweeagtig.
“Hy het weggestap en rondgekyk. Ek was bang hy sou teruggaan na my kinders toe. Ek het baie gebloei, was duiselig en orals seer. Maar al wat deur my kop gemaal het was om enigiets te doen om hom van die huis af weg te hou.
“My man het intussen by die plaashek aangekom. Gelukkig het ons die voertuig gehoor. Ek het geweet hulp is op pad, hoewel ek nie geweet het wie dit was nie. Ek het vir die man gesê hy moet sy goed vat en hardloop want vandag word hy doodgemaak. Hy het homself skoongemaak, die fone gevat en gehardloop.”
Wentzel is met ‘n kopwond en blou kolle aan haar gesig, arms, rug en lyf buite by die waterpomphuisie se hek aangetref. Chucko is op 10 April gevang en is tot 20 jaar tronkstraf in die Modimolle Streekhof gevonnis verlede Woensdag.
“Hy kan eers vir parool in aanmerking kom na 20 jaar.”
Wentzel raai ander slagoffers aan om hul sake aan te meld en te praat oor hul ondervinding.

Lees meer

Rapist sentenced to 20 yrs in Modimolle court

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button