Editor's choiceLocal NewsNews

KLEINSAKE: Spoegdoeke bring inkomste vir al 7 jaar

Jy mnoet 'n kunsaanvoeling hê om hierdie stokperdjie aan te pak sê Beatrice.

POLOKWANE – Beatrice Nel maak nou al amper vir sewe jaar ‘n inkomste uit haar geborduurde “spoegdoeke” stokperdjie.

“Ek het ‘n bloemistewinkel gehad, maar het siek geword en moes dit verkoop. Ek wou nie ledig by die huis sit nie en koop toe vir my ‘n borduurmasjien wat ek kan gebruik om myself besig te hou,” vertel sy. Sy het haar eerste “spoegdoek” ongeveer 12 jaar gelede vir haar kleinseun gemaak.

“Ek kry my doeke by ‘n verskaffer in die Kaap. Dit is nie lae kwaliteit doeke wat met die eerste was al uitrafel nie. Die een wat ek vir my kleinseun gemaak het lyk nou nog mooi. Ek betaal tussen R500 en R1 000 per prentjie, hang af van hoe ingewikkeld dit is.”

Die tyd wat dit Beatrice neem om ‘n doek te maak wissel, afhangende van die prentjieontwerp. Van die doekontwerpe wat haar die langste geneem het, was ‘n uur-en-‘n half. Tans borduur sy tussen ses en agt doeke per dag.

“Die mense kom kies self die prentjie, hulle kan ook self prentjies bring. Om die prentjie vanaf die rekenaar oor te sit na die masjien noem ‘n mens digitaliseer, die rekenaarprogram daarvoor is ook duur. Ek het wel self ‘n wye verskeidenheid prentjies waaruit mense kan kies.”

Vir Beatrice is hierdie ‘n wonderlike werk, maar sy sê wel dat jy ‘n kunsaanvoeling moet hê om hierdie stokperdjie aan te pak.

Vir enige navrae of bestellings, kontak vir Beatrice by 076 288 0066.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button