Local NewsNews

Varkboerdery ‘n probleem vir bure

Die inwoners van Palmietfontein kla oor 'n slegte reuk was saans oor die area hang en wat gesondheidsgevare inhou.

POLOKWANE – Die inwoners van Palmietfontein kla oor ‘n slegte reuk was saans oor die area hang en wat gesondheidsgevare inhou – die slegte reuk, glo afkomstig van ‘n nabygeleë varkboedery.

Die inwoners beweer hulle raak nie net siek van die slegte reuk in die lug nie, maar die die eienaar van die kleinhoewe waar met die varke geboer word, ignoreer klagtes en niks doen om die omgewing van die erge reukbesoedeling te vrywaar nie.

Onstelde inwoner sê; “bedags is die reuk nie so erg nie, dit is saans wanneer die varke gevoer word, wat dit onuithoudbaar erg stink. Dis so erg dat jou bors toeslaan. Dit help ook nie om jou huis se vensters toe te maak nie, want die reuk slaan steeds deur en dit brand ook ‘n mens se neus, keel en vel.”

Ses kleinhoewe-eienaars in die gebied het ‘n klagte onderteken en by die Departement van Gesondheid ingedien. Daarin was die departement versoek om die saak te ondersoek.

Journalis praat met die eienaar van die varkboerdery

Die eienaar van die kleinhoewe waaroor die inwoners kla, Danie Jansen van Rensburg, boer al vier jaar met sy varke daar en sê die inwoners het nog nooit gekla nie tot nou.

Hy voeg by hy het ‘n permit van die Departement van Landbou wat hom magtig om met varke op sy perseel te boer.

“Ek weet van die klag wat by die Department van Gesondheid ingedien is want die inspekteurs was op my perseel om die saak te ondersoek. Daar was geen fout gevind nie – ek het die nodige dokumente om te kan boer en voldoen aan al die vereistes ingevole die wet.

Ondersoek sal gedoen moet word – Polokwane Munisipaliteit

‘n Woordvoerder vir die Departement van Gesondheid, Macks Lesufi, stel voor die inwoners rapporteer die saak aan die munisipaliteit vir verdere ondersoek.

“Die munisipaliteit se gesondheidsomgewingafdeling is verantwoordelik vir die soort klagtes. ‘n Ondersoek sal gedoen moet word om vas te stel of die land goedgekeur is om met varke te boer,” sê Lesufi.

Tidimalo Chuene, munisipale woordvoerder, bevestig die munisipaliteit sal beamptes uitstuur om die saak te ondersoek.

“Inwoners kan hulle klagtes aan ons beheerkamer of aan hulle wykraadslid rapporteer. Ons vra ook, soos in hierdie geval, dat inwoners mediese sertifikate hou en hulself beskikbaar stel vir onderhoude indien nodig. Dit sal help met die ondersoek,” voeg Chuene by.

 

Ons praat met Fred Arnoldi, een van die inwoner wat kla en die eienaar van die varkboerdery sê waarom hy dink die mense kla.

Lees vol storie in Review Midweek

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button