CrimeNews

Moord nog ‘n raaisel

Maggie Castleman (48) se bebloede lyk is Saterdag net na 19:00 naby 'n winkel in Louis Trichardt gekry.

LOUIS TRICHARDT – Maggie Castleman (48) se bebloede lyk is Saterdag net na 19:00 langs haar motor in Presidentstraat gekry.

Die skietvoorval het voor Gouws Auctioneers gebeur waar Castleman gewerk het. Volgens eienaar van Gouws Auctioneers Johnny Gouws het Castleman soms naby die winkel gesit om gebruik te maak van die gratis wi-fi.

Die Gouwsgesin het Saterdagaand gebraai en het ’n “klapgeluid” gehoor. Hulle is na buite om te gaan kyk of hulle iets sien, maar het nie onraad vermoed nie.

Toe van hulle vriende ’n ruk daarna besluit het om huis toe te gaan,het hulle verby Castleman se motor gery. “Ons het gestop en na haar geloop, sy het nog asemgehaal toe ons by haar kom,” sê Gouws.

Volgens hom lyk dit asof sy van agter af geskiet is. Sy het ’n dik woltrui bo-oor  haar nagklere aangehad.

Castleman het sowat drie maande gelede vanaf Mpumalanga na Louis Trichardt verhuis.

Gouws het die ambulans en polisie gebel. Volgens hom het Castleman se selfoon naby haar bene gelê.  “Die moord is ’n raaisel. As dit rowers was, hoekom het hulle nie ook die selfoon gevat nie?”

Volgens Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, hulle weet nog nie hoeveel mense by die moord betrokke was nie.

 

Related Articles

Back to top button