Kruinies hou pretdag vir goeie doel

Terwyl mense regoor die land Vrydag die jaarlikse Loslitdag gevier het, het Curro Heuwelkruin se kreatiwiteit geen einde gehad nie. Nie net is Loslitdag gevier nie, maar daar is ook aan kankerleiers en veral Kruinie-leerkrag, Estelle Snyman gedink wat onlangs met kanker gediagnoseer is. Verteenwoordigers van Kansa was by die skool om hare te kleur …

Terwyl mense regoor die land Vrydag die jaarlikse Loslitdag gevier het, het Curro Heuwelkruin se kreatiwiteit geen einde gehad nie.
Nie net is Loslitdag gevier nie, maar daar is ook aan kankerleiers en veral Kruinie-leerkrag, Estelle Snyman gedink wat onlangs met kanker gediagnoseer is. Verteenwoordigers van Kansa was by die skool om hare te kleur en af te skeer ten bate van die organisasie.
Snyman, wat reeds behandeling ontvang en wie se hare reeds begin uitval, het besluit om onder die knipper deur te loop. Van die leerders het haar ondersteun deur hul koppe ook kaal te skeer.
Verder was daar stalletjies met lekkergoed en roomys, gesigverf en springkastele. Die stalletjies vorm deel van die graad 11-leerders se lewensoriënteringtaak oor geldinsamelingsmaniere.
Al die geld wat gedurende die dag ingesamel is, sal vir Loslitdag, Kansa en Snyman se behandeling aangewend word.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

SJ Rudd lê weg aan sy roomys.
Page Stander het pret op die springkasteel.
Imaan en Ayesha Ismail hou piekniek met ‘n kolwyntjie en springmielies.
Kruinie-leerkrag, Estelle Snyman, wat onlangs met kanker gediagnoseer is saam met haar dogter, Minette en Kansa-verteenwoordiger, Sharon Stander.
Foto’s: RC Myburgh
Bianca Jardim verf Maroli Horn se gesig.
Exit mobile version