Bosveld NewsNews

Wen spog skildery en ondersteun só die ouetehuis

Die inwoners van Kiepersolwoonstelle vra die gemeenskap om hul lootjie-fondsinsamelingsprojek te ondersteun waar 'n prag skildery op die spel is.

MOKOPANE – Die Piet Potgieter ouetehuis vier vanjaar sy halfeeu verjaarsdag met verskeie geleenthede en projekte waarmee hierdie belangrike mylpaal herdenk word.

Die inwoners van Kiepersolwoonstelle vra die gemeenskap om hul lootjie-fondsinsamelingsprojek te ondersteun waar ‘n prag skildery op die spel is. Die rooi papawer in pastel is die werk van Sarie van Dyk. Om dit af te rond het Korny Dekker, DA raadslid van wyk 32, ingeklim en die kunswerk netjies geraam.

Sarie, ‘n inwoner van die ouetehuis, vertel hoe sy van kleintyd af ‘n liefde vir teken en skilder ontwikkel het. Sy het kuns op skool geneem en daarna is van haar werke by verskeie plekke uitgestal.

Die skildery kan van 7 tot 11 September in die sitkamer van die ouetehuis besigtig word en lootjies kan vanaf 10:00 tot 12:00 geneem word. Dit kos net R10 om ‘n lootjie uit te neem Die inwoners vra dat die gemeenskap hierdie projek sal ondersteun.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button