Vryburgers se wynveiling sorg vir winskope

Die Vryburgers van Polokwane se jaarlikse wynveiling, wat verlede Donderdagaand in samewerking met die Vryburgers van Robertson in die stad aangebied is, het wynliefhebbers se belangstelling opnuut geprikkel en uitstekende winskopies gelewer. Wynkenners en -versamelaars het die geleentheid gehad om keurgehalte wyne teen sakpaspryse aan te skaf en die hele voorraad van 77 lotte is …

Die Vryburgers van Polokwane se jaarlikse wynveiling, wat verlede Donderdagaand in samewerking met die Vryburgers van Robertson in die stad aangebied is, het wynliefhebbers se belangstelling opnuut geprikkel en uitstekende winskopies gelewer.
Wynkenners en -versamelaars het die geleentheid gehad om keurgehalte wyne teen sakpaspryse aan te skaf en die hele voorraad van 77 lotte is verkoop.
Van die gewildste wyn was Graham Beck se Railroad Red en Sauvignon Blanc, La Verne se Cabernet Sauvignon en Wansbeck se Red Muscadel.
Van Zyl de Wet, ‘n wynboer van Robertson, sê dat die wyne by kelders in die distrik aangekoop of as skenkings gekry is en dat die opbrengs aangewend sal word om min-der-bevoorregtes in Polokwane en Robertson se omstandighede te verbeter.
‘n Wynvat wat die ekwivalent van 300 bottels Bon Courage 2013 Shiraz beslaan, is vir R37 500 van die hand gesit.
Aggie Ströh, wat as afslaer opgetree het en ook die stuurman van die Vryburgers is, het sy dank teenoor sakelui en kopers van die stad wat die sukses van die veiling verseker het, uitgespreek.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Gaste, Tertius en Hettie Theron, Franco Marx en Zolé en Francois Theron.
Afslaer Aggie Ströh veil ‘n kas wyn op by die Vryburgers se jaarlikse wynveiling.
Exit mobile version