NewsSchools

Piet Hugo se slimkoppe word vir harde werk beloon

Tien van Laerskool Piet Hugo se akademiese presteerders wat onlangs aangewys is, is onlangs vir hulle harde werk beloon met ‘n uitstappie na Gold Reef City. Die 10 uitblinkers in graad 6 en -7 is volgens hul rapportpunte van die eerste en tweede skoolkwartaal gekies. Piet Hugo se Top 10-organiseerder, Werner Christou, sê dat die …

Tien van Laerskool Piet Hugo se akademiese presteerders wat onlangs aangewys is, is onlangs vir hulle harde werk beloon met ‘n uitstappie na Gold Reef City.
Die 10 uitblinkers in graad 6 en -7 is volgens hul rapportpunte van die eerste en tweede skoolkwartaal gekies.
Piet Hugo se Top 10-organiseerder, Werner Christou, sê dat die leerders hard gewerk het om die skool se beste akademiese presteer­ders te wees en dat hy bly is dat die skool hulle slimkoppe met ‘n uitstappie kon bederf.
Die tien sê dat hulle die uitstappie terdeë geniet het en dat dit bevredigend is om vir harde werk beloon te word. Hulle is van plan om hul prestasies voort te sit om aan die bopunt van die lys te bly.
In die eerste gesamentlike plek ( graad 6 en -7) is Ethan Posl met 85,16% gevolg deur Naledi Sebati met 85,05%, Mulweli Mudau met 84,83%, Kgopelo Malema met 83,67%, Kgopotso Mawasha met 82,50%, Tshepi Mokgetlhe met 81,83%, Dominic Maminingu met 81,67%, Mamoloko Moloto met 80,83%, Dante Lekgane met 79,11% en Mankagaleng Masango in die tiende plek met ‘n gemiddeld van 78,25%.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button