Maak gereed vir trollieresies

Kansa Polokwane se gewilde jaarlikse trollieresies in samewerking met Tafelronde Impala 157 vind Saterdag by die ou Peter Mokaba Stadion plaas en beloof om groot pret te wees. Deelnemende spanne van vier spanlede elk moet 4,2 km met winkeltrollies om die atletiekbaan van die stadion hardloop. Die eerste drie spanne asook die besgeklede span wen …

Kansa Polokwane se gewilde jaarlikse trollieresies in samewerking met Tafelronde Impala 157 vind Saterdag by die ou Peter Mokaba Stadion plaas en beloof om groot pret te wees. Deelnemende spanne van vier spanlede elk moet 4,2 km met winkeltrollies om die atletiekbaan van die stadion hardloop.
Die eerste drie spanne asook die besgeklede span wen pryse.
Die winkeltrollies kan deur spanne volgens gekose temas versier word en spanlede is welkom om ook volgens tema aan te trek.
Inskrywings beloop R750 per span en alle geld wat tydens die dag ingesamel word, is ter stywing van Kansa Polokwane se geldkoffers. Kollegas, familie en vriende kan die pretdag van 09:00 af geniet.
“Trek jou hardloopskoene aan of kom kyk hoe ander sweet,” sê David Booth van Kansa Polokwane.
Vir meer inligting skakel 015 297 1268.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Exit mobile version