Jaggeweerwenner word aangekondig

Die gelukkige wenner van die .243 jaggeweer wat deur Marlen Industries aan Hoër Tegniese Skool Tom Naudé geskenk is, is Pierre Maritz, ‘n trotse ouer van die skool. Die trekking vir die kompetisie wat in Mei geloods is, het Maandagoggend tydens ‘n spesiale opening plaasgevind. Die eienaar van Marlen Industries, Martin Venter het die trekking …

Die gelukkige wenner van die .243 jaggeweer wat deur Marlen Industries aan Hoër Tegniese Skool Tom Naudé geskenk is, is Pierre Maritz, ‘n trotse ouer van die skool.
Die trekking vir die kompetisie wat in Mei geloods is, het Maandagoggend tydens ‘n spesiale opening plaasgevind. Die eienaar van Marlen Industries, Martin Venter het die trekking behartig.
Leerders van die skool het die kaartjies teen R100 elk verkoop. Maritz is telefonies van sy prys in kennis gestel en sy dogter, Tiané, ‘n graad 8-leerder van die skool het Venter se hand namens haar pa geskud.
“As oud-Tommie is dit ‘n eer om weer in die skool terug te ploeg. Die geweer is aan die skool geskenk om geld te genereer wat hulle vir projekte kan aanwend. Benewens die geweer sluit die prys ook alle onkoste en bystand tydens die lisensie-aansoek, vaardigheidssertifikaat, motive­ring en opleiding in,” sê Venter.
Sporthoof, Kobus de Meyer sê die geld sal aangewend word om die teerpad om die skoolgebou op te knap. Hy kon teen druktyd nog nie sê hoeveel geld ingesamel is nie.
Ruben Scheepers, graad 11-leerder het R5 000 gewen omdat hy die meeste kaartjies verkoop het.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version