NewsSchools

Akademie Reformia se entrepreneurs doen lag-lag besigheid

Leerders van Akademie Reformia kon Vrydag weer smul aan heerlike tuisgemaakte eetgoed tydens die graad 7-leerders se entrepreneursdag wat tydens pouse by die skool gehou is. Kolwyntjies, worsrolle, springmielies, roomyshorinkies en ander kunstig versierde koekies is onder meer van die hand gesit. Dominique Basson en Johan du Plessis, sê dat hulle sommer gou meer as …

Leerders van Akademie Reformia kon Vrydag weer smul aan heerlike tuisgemaakte eetgoed tydens die graad 7-leerders se entrepreneursdag wat tydens pouse by die skool gehou is.
Kolwyntjies, worsrolle, springmielies, roomyshorinkies en ander kunstig versierde koekies is onder meer van die hand gesit.
Dominique Basson en Johan du Plessis, sê dat hulle sommer gou meer as R100 ingesamel het en dat hulle net R70 se voorraad moes verkoop voordat hulle wins kon toon.
Volgens Marietha Nel, hoof, staan die jong entrepreneurs 10% van hul wins af om aan die Bybelgenootskap en die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging te skenk.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button