Local NewsNews

KLEINSAKE: maak van kunsartikels nou haar inkomste

Amanda van Wyk vertel dat haar verskuilde vlytigheid het "ontwaak" wyl sy met vakansie in Sutherland was.

POLOKWANE – Van sleutelborde, borde vir kombuisapparate, pennehouers, juweelborde, versier van sakke en oulike geskenke is alles Amanda van Wyk se handewerk.

Al haar kunsartikels stal sy nou maandeliks uit  by Koraal  se vlooimark, asook by die Spar in Marshallstraat,  einde Oktober sal haar produkte ook by die N.G. Kerk Moedergemeente gesien kan word.

Ideë agter onwerpe

Dit was so drie jaar gelede toe sy met vakansie in Sutherland was waar sy op ‘n oulike Christelike boodskapboekie afgekom het en dit vir haar kleinseun gekoop het.

Eers twee jaar later het ek die nommer agter die boekie gebel en ‘n verkoopsagent daarvoor in die Limpopostreek geword.

“Daar is ook babadagboeke en kalenders in dié reeks produkte,” vertel sy.

Amanda het toe haarself aangespoor om self haar hand aan die maak van kunsartikels  te slaan.

“Ek het in 2012 besluit om sakke vir my dogters vir Kersfees te maak. Dit is nou ‘n stokperdjie wat geld inbring.

Amanda wil graag by nog markte haar produkte aanbied.

Volgens haar geniet sy dit veral om saans te werk wanneer dit rustig is en mooi musiek in die huis speel.

Sy besluit en beplan gewoonlik eers wat sy wil maak en soms neem dit ‘n rukkie om die finale prentjie te skep voor sy aan die werk kan spring.

Vir meer inligting en om van Amanda se items te besigtig en/of te koop kontak haar by 083 609 9063.

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button