Skoolhoof vier verjaardag in die lug

Pietersburg Laerskool (PLS)-hoof, Peet Bredenkamp het verlede Dins-dag sy 59ste verjaardag in ‘n ligte vliegtuig gevier. Die leerderraad, personeel en ouers het gereël dat Bredenkamp in ‘n ligte vliegtuig wat aan Kowie Roux behoort oor die rugbyveld vlieg terwyl leerders ‘n 59 gevorm het. “Ons tydsberekening was bietjie uit omdat die hoof oorgevlieg het voordat …

Pietersburg Laerskool (PLS)-hoof, Peet Bredenkamp het verlede Dins-dag sy 59ste verjaardag in ‘n ligte vliegtuig gevier.
Die leerderraad, personeel en ouers het gereël dat Bredenkamp in ‘n ligte vliegtuig wat aan Kowie Roux behoort oor die rugbyveld vlieg terwyl leerders ‘n 59 gevorm het. “Ons tydsberekening was bietjie uit omdat die hoof oorgevlieg het voordat ons klaar was. Daarna het leerders en personeel vir hom in die saal gesing waarna ‘n heerlike ete geniet is,” sê skakelbeampte, Karen Müller.
Bredenkamp het almal betrokke vir die verrassing bedank.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version