Silwer Audi moontlik met twee sake verbind

Drie insittendes van ‘n silwer Audi wat Dins-dag na bewering vir ‘n rooftog in Nirvana verantwoordelik was, kan dalk ook met ‘n voorval waar drie provinsiale verkeersbeamp-tes van hul selfone en dienspistole sowat twee weke gelede beroof is, verbind word. Westenburg polisiewoordvoerder, Mohlaka Mashiane sê volgens inligting is ‘n sakeman van Nirvana Dinsdagmiddag na ‘n …

Drie insittendes van ‘n silwer Audi wat Dins-dag na bewering vir ‘n rooftog in Nirvana verantwoordelik was, kan dalk ook met ‘n voorval waar drie provinsiale verkeersbeamp-tes van hul selfone en dienspistole sowat twee weke gelede beroof is, verbind word.
Westenburg polisiewoordvoerder, Mohlaka Mashiane sê volgens inligting is ‘n sakeman van Nirvana Dinsdagmiddag na ‘n winkelsentrum om ‘n groot hoeveelheid kontant te onttrek om vermoedelik diensverskaffers te betaal.
“Die sakeman se motorbestuurder sê hy was nie bewus daarvan dat hy agtervolg word nie en het eers nadat hy by ‘n perseel in Nirvana parkeer het, besef dat die silwer Audi hom agtervolg het. Toe hy die deur oopmaak, het drie insittendes van die Audi glo wapens op hom gerig, die kontant gebuit en gevlug,” sê Mashiane.
Nog geen arrestasies is gemaak nie.
Polokwane Observer het verlede week berig oor inspekteurs NV Masogo, MP Ledwa-ba en MM Choeu wat ongeveer twee weke gelede ‘n silwer Audi tydens ‘n roetine stop en soek-operasie op die R37 net buite die stad afgetrek het.
Die insittendes van die Audi het glo uitgeklim en die verkeersbeamptes met ‘n vuurwapen gedreig. Een van hulle is glo met ‘n pistool in die gesig geslaan.
Die verdagtes het na bewering met die beamptes se selfone en twee dienspistole gevlug. Twee skote is glo in die vlugproses op die beamptes afgevuur.
Mashiane sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat die twee afsonderlike gevalle met mekaar verband hou.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version