Kruinies kultuurvrate ryg medaljes in

Leerders van Curro Heuwelkruin Laerskool het baie goed preseet by die Piet Pot Bosveld Musiekfees in Mokopane.

POLOKWANE – Leerders van Curro Heuwelkruin Laerskool het gedurende Augustus aan die Piet Pot Bosveld Musiekfees in Mokopane van 11 tot 14 Augustus deelgeneem. Daar was twee kategorieë waarin leerders kon deelneem: sang en instrumentaal.

Die leerders het baie goed presteer en 40 sertifikate verwerf. ‘n Aantal medaljes vind hul weg huistoe: B+ (2), A (18), A+ (15)en A++ (5). Vaughn Scheepers het die trofee vir die beste vokale solo in gr. 2 verwerf. Die Kruinies het ook presteer by die Tzaneen Eisteddfod van 10 tot 14 Augustus.

Die leerders wat aan die groep-items deelgeneem het was Kayla Muller, Tania Rosslee, Evané du Toit en Diané le Roux. Diané het ‘n gedramatiseerde gedig opgevoer en diamant (95%-100%) verwerf.

Francois van Wyk, Reinhard Breytenbach, Tharina Hartman, Carla Breytenbach en Dorijke du Toit het aan mimiek (diamant 95%-100%), gedramatiseerde gedig (diamant 95%-100%) en improvisasie (dubbel goud 90%-94%) deelgeneem.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version