Kruinies gee Robin Hood nuwe lewe

Robin Hood was bekend daarvoor om van die rykes te steel en aan die armes uit te deel en Curro Heuwelkruin se hoërskoolleerders het verlede Donderdagaand omtrent die gehoor se harte met ‘n puik vertolking van dié legendariese verhaal gesteel. Leerders het self hand bygesit met kos-tuums, klank en beligting wat elke toneel perfek gekomplementeer …

Robin Hood was bekend daarvoor om van die rykes te steel en aan die armes uit te deel en Curro Heuwelkruin se hoërskoolleerders het verlede Donderdagaand omtrent die gehoor se harte met ‘n puik vertolking van dié legendariese verhaal gesteel.
Leerders het self hand bygesit met kos-tuums, klank en beligting wat elke toneel perfek gekomplementeer het.
Regisseur en skrywer van die blyspel en dramaleerkrag, Nicole Senekal, sê die sukses van die produksie het bloot van die spanpoging tussen die leerders en tegniese spanne afgehang.
“Die leerders is uiters toegewyd en het lang ure geoefen om die produksie op die planke te bring. Ek kan nie anders as om elkeen betrokke vir hulle insette en deursettingsvermoë te bedank nie,” sê Senekal.
Die produksie handel oor Robin Hood wat die dorp Nottingham, onder koningskap van Sheriff Nottingham van ondergang red deur van die rykes te steel en aan die armes uit te deel. Robin Hood het daarin geslaag om die Sheriff te uitoorlê, maar het intussen op een van die inwoners, Maid Marian verlief geraak.
Liedere wat in die produksie gesing is, is onder meer ‘Dear future husband’, ‘Cecelia’ en ‘Sad Song’.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version