Local NewsNews

Hoeveel ongelukke nog op dié hoek?

Maandagoggend kort voor 07:00 was daar weer 'n gru-ongeluk op die hoek van Kort- en Jeppestraat.

LOUIS TRICHARDT – Maandagoggend kort voor 07:00 was daar weer ‘n gru-ongeluk op die hoek van Kort- en Jeppestraat.

Konst. Irene Radzilane van die Makhado-polisie, het bevestig dat ‘n rooi motorfiets en ‘n silwer motor Maandagoggend gebots het. “Blykbaar wou die motoris draai; hy het gewag vir die aankomende verkeer en toe gedraai, daarna het hy net ‘n slag gehoor en gesien dat hy die motorfiets getref het,” sê Radzilane.

Die man is met ‘n ambulans na die Zoutpansberg Privaat Hospitaal geneem.

Review het Dinsdag met ‘n familielid van die motorfietsryer gesels wat gesê het dat hy buite gevaar en stabiel is.

Review het ook met die woordvoerder van die Makhado Munisipaliteit, Louis Bobodi, gepraat om uit te vind of dit moontlik is om ‘n verkeerslig by die kruising te plaas. “Ons is tans besig om te kyk wat daar gedoen kan word. Intussen moet mense asseblief die stopteken gehoorsaam, dit is daar vir ‘n rede,” maan Bobodi.

 

Hierdie ongeluk was maar net die mees onlangste en dit is geen wonder dat die inwoners van Louis Trichardt bekommerd is oor hierdie hoek nie.

Review praat met ‘n  inwoner wat langer as vier jaar op die hoek bly, volgens hom was daar al meer as 20 ongelukke op hierdie hoek…

Lees meer in Review Weekend

 

Related Articles

Back to top button