Local NewsNews

Barwise deur na eerste rondte van kompetisie

Skoonheidskoningin van Polokwane en tans Miss Humanity International 2014, Katryn Barwise is verheug dat sy deur is na die volgende rondte van die glansryke Mej Suid-Afrika-kompetisie. Barwise, wat verlede jaar ook aan die gesogte kompetisie deelgeneem het en nie die eerste rondte oorleef het nie, sê dat sy vanjaar harder gewerk het om haar deeglik …

Katryn Barwise in haar swemdrag.
Katryn Barwise in haar swemdrag.

Skoonheidskoningin van Polokwane en tans Miss Humanity International 2014, Katryn Barwise is verheug dat sy deur is na die volgende rondte van die glansryke Mej Suid-Afrika-kompetisie.
Barwise, wat verlede jaar ook aan die gesogte kompetisie deelgeneem het en nie die eerste rondte oorleef het nie, sê dat sy vanjaar harder gewerk het om haar deeglik voor te berei en dat sy vas daarvan oortuig is dat sy minstens die finaal sal haal.
Sy vertel opgewonde dat sy Vrydag reeds 04:30 in Johannesburg in die ry gestaan het omdat daar net in Gauteng honderde deelnemers was.
“Ons moes eerstens in swemdrag in groepe van tien en alleen die loopplank aanpak. Die onderhoudrondte het ek vreeslik geniet en glo dit het goed gegaan.”
Barwise sal eers in September weet of sy ‘n semifinalis vir een van Suid-Afrika se grootste skoonheidskompetisies is, maar is in haar skik omdat dit vanjaar beter gegaan het.Vandat sy kan onthou wou sy aan die kompetisie deelneem omdat sy ‘n volhoubare verskil in haar land wil maak.
Sy het selfs ‘n grimeerkursus voltooi om op haar beste tydens uitdunrondtes te lyk en besoek die gimnasium gereeld.
Rolene Strauss, Mej Suid-Afrika 2015 en Mej Werêld 2015 is haar rolmodel omdat sy saggeaard is en ‘n passie het om met mense te werk en hulle te help.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button