Bosveld NewsCrimeNews

‘Kabelstelery neem nou toe’ Suricat

Suricat wil dit graag onder die aandag van die gemeenskap bring dat kabeldiefstal nou weer 'n heersende tendens in Mokopane is, nadat 'n beweerde kabeldief op heterdaad betrap is.

MOKOPANE – ‘n Beweerde kabeldief is verlede Vrydag by ‘n bekende besigheid in Sussexstraat vasgetrek.

Volgens ‘n verklaring deur Suricat Sekuriteitsdienste is hulle hulp ontbied deur die winkel se plaaslike sekuriteitswagte nadat die verdagte op heterdaad betrap is.

Die reaksie-offisiere van Suricat het die verdagte geboei en hom aan die Mokopane polisie oorhandig.

Suricat wil dit graag onder die aandag van die gemeenskap bring dat kabeldiefstal nou weer ‘n heersende tendens in Mokopane is.

Inwoners en besighede word gemaan om op hul hoede te wees.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button