Vrou kry polisie bewysstukke voor huis

'n Vrou het tydens 'n staptog saam met haar hond op Maandag, polisie bewysstukke by haar hek gekry.

POLOKWANE – ‘n Vrou, wie anoniem wil bly, het tydens ‘n staptog saam met haar hond  op Maandag, 17 Augustus polisie bewysstukke by haar hek gekry.

‘Die twee koeëlhouers en ‘n patroondoppie het steeds die polisie se bewyskaartjie daaraan en die items het oop en bloot op die sypaadjie langs my huis se hek gelê,’ se die vrou.

Die provinsiale woordvoerder van die polisie, kol. Ronél Otto, sê dis baie moeilik om te verduidelik hoe só iets kan gebeur.

Sy versoek dat die vrou dadelik die polisie kontak.

“Daar is spesifieke maniere om van bewysstukke ontslae te raak wanneer dit klaar gebruik is en om dit op ‘n sypaadjie te gooi is nie een van hulle nie.

“Die bewysstukke moet teruggegee word aan die polisie sodat die saak ondersoek kan word om vas te stel hoe dit daar beland het,” sê Otto.

 

Lees vol storie in Review

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

 

Exit mobile version