Northern Muslim School woeker in Afrikaans

Die Northern Muslim skool se graad 4 tot 8-leerders het Vrydagaand aan ‘n Afrikaanse redenaarskompetisie by die skool deelgeneem. Bykans 30 leerders het onder leiding van hul Afrikaans-onderwyser, Freda Niemann, hul beste Afrikaans uitgehaal en afgestof en voor die gehoor tentoongestel. Graad 4- tot graad 8-leerders het met hulle taalvaardigheid gespog en die wenners is …

Die Northern Muslim skool se graad 4 tot 8-leerders het Vrydagaand aan ‘n Afrikaanse redenaarskompetisie by die skool deelgeneem. Bykans 30 leerders het onder leiding van hul Afrikaans-onderwyser, Freda Niemann, hul beste Afrikaans uitgehaal en afgestof en voor die gehoor tentoongestel.
Graad 4- tot graad 8-leerders het met hulle taalvaardigheid gespog en die wenners is deur ‘n span onafhanklike beoordeelaars aangewys.
Elke graadgroep het oor ‘n ander tema gepraat. Graad 4-leerders se tema was ‘Koerante: positief of negatief’, die graad 5’s het oor ‘My Wêreld van Kommunikasie’ gepraat, die graad 6-deelnemers moes oor ‘n goeie boek wat hulle gelees het, gesels. Die graad 7’s se tema was ‘Om ‘n wenner te wees,’ en die graad 8-redenaars moes ‘Ek sou kon doen met ‘n miljoen’ beredeneer.
Die onderskeie graadwenners was Mahdia Modan – graad 4, Humeyra Eren – graad 5, Muhammed Moti – graad 6, Aqsa Batavia – graad 7 en Muhammed Moola in graad 8.
Die wenners en naaswenners het trofeë ontvang en deelnemers het elkeen ‘n medalje gekry.
Mohamed Aboobaker Ayob, ‘n onderwyser, het aan leerders verduidelik hoe belangrik dit is om iemand anders se taal te kan praat en vertel hoe hy daarin geslaag het om met sy perfekte Afrikaans ‘n kaartjie op ‘n trein te bespreek gedurende die apartheidsera.

NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

Foto’s: Nelie Erasmus
– Die wenners van die Northern Muslim School se Afrikaanse redenaarskompetisie is Mahdia Modan, Humeyra Eren, Muhammed Moti en Muhammed Moola. Aqsa Batavia was afwesig toe die foto geneem is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version