Ammunisiehouers en polisiebewyse in straat opgetel

‘n Plaaslike inwoner het Maandagaand leë ammunisiedosies vir ‘n .38 Special-rewolwer sowel as ‘n patroondoppie voor haar huis naby die hoek van Voortrekker- en Marshallstraat opgetel. “‘n Polisiebewysetiket van die Zaaiplaas Polisiestasie in Mpumalanga was aan die patroondoppie geheg. Ek het met polisiebeamtes gesels wat gesê het dit kan moontlike bewysstukke wees. Iemand het dalk …

‘n Plaaslike inwoner het Maandagaand leë ammunisiedosies vir ‘n .38 Special-rewolwer sowel as ‘n patroondoppie voor haar huis naby die hoek van Voortrekker- en Marshallstraat opgetel.
“‘n Polisiebewysetiket van die Zaaiplaas Polisiestasie in Mpumalanga was aan die patroondoppie geheg. Ek het met polisiebeamtes gesels wat gesê het dit kan moontlike bewysstukke wees. Iemand het dalk van dit ontslae probeer raak of die ammunisie is gesteel vir privaatgebruik en die houers weggegooi,” sê sy.
Sy het die bewysstukke Dinsdag by die Polokwane Polisiestasie ingehandig en gevra dat sy ingelig word oor hoe die bewysstukke op die sypaadjie beland het. Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba was nie van die voorval bewus nie en het gesê hy sal dit opvolg. Zaaiplaas Polisiestasie se woordvoerder, net bekend as adjudant-offisier Mphela, was teen druktyd nie beskikbaar vir kommentaar nie.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version