Local NewsNews

KLEINSAKE ONDERNEMING: Hou(t) die tyd dop

Vincent Wienand maak horlosies, sleutelborde, verwelkomingsborde en selfs meubels van hout om 'n ekstra rand in die sak te sit.

POLOKWANE – Vincent Wienand, ‘n plaaslike vakman maak naam met sy hout-vernuf.

Wat eers vir  Wienand net ‘n stokperdjie was het gou vir hom gehelp om ‘n ekstra rand in die sak te bring.

incent maak horlosies, sleutelborde, verwelkomingsborde en selfs meubels van hout deur dit te sny, graveer en met laser te laat brand.

“Ek het twee jaar gelede met die stokperdjie begin en parte aangeskaf vir die rekenaaraangedrewe masjien wat ek inspan. Maar ek was baie besig by my regte werk en die graveerwerk het toe lank stilgestaan,” vertel hy.

Ongeveer agt maande gelede het hy weer ernstig begin om veral houthorlosies te maak.

“Ek het eers net hier en daar op versoek iets klein gemaak en so het die woord oor my produkte begin versprei. Ek het besluit om n staanplek by die Mall of the North te kry waar ek my produkte kan uitstal en het toe ook vir die winkelsentrum twee horlosies gemaak.”

Vincent maak die meeste van sy eie ontwerpe self, maar as ‘n kliënt iets spesiaals wil hê, kan die ontwerp ook aan hom gestuur of besorg word.

“Ek koop velle hout en soms gee my vriende ook vir my stukke hout wat ek kan gebruik.

My horlosies se prys begin by R350, maar die prys word grootliks deur die snywerk bepaal.”

Hy kan ook lampe, koffietafels, inligtings- en naamborde en selfs nagligte en plexiglas-letters maak.

Sy ontwerpersprys hiervoor is R125 per ontwerp. Daarna hang dit van die eindproduk se details af wat dit sal kos.

Vincent kan by (015) 296 0362 gekontak word of stuur ‘n e-pos na info@cncartworx.co.za of besoek sy webwerf by https://cncartworx.wix.com/cnc-art-worx.

 

Theo skilder vir die liefde

KLEINSAKE: ‘n pienkvoet wat nooit huil nie

SMALL BUSINESS: Mealies- flavour of the week

KLEIN SAKE: Verkoop hout as ekstra inkomste

KLEINSAKE BESIGHEID:Chrissie se lappoppe

Arnold verdien ekstra inkomste met sy heerlike naweekpassie

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button