Local NewsNews

Haar koeksisters is 3de beste in Limpopo

Elize Pretorius het die derde plek in Stoofstories: Dié koeksister Kompetisie gekry.

POLOKWANE – Elize Pretorius het ingeskryf vir die Stoofstories: Dié koeksister Kompetisie wat deur Solidariteit Helpende Hand geloots is.

Inskrywings vir die kompetisie het op 19 Junie gesluit en Elize het deurgedring na die finale ronde van Limpopo waar sy teen nege ander baksters te staan gekom het.

“Ons het almal op 25 Julie in Mookgophong bymekaar gekom waar ons koeksisters deur een beoordeelaar, Elma Kleynhans van die Vroue Landbou Unie (VLU), beoordeel is. Ons moes elkeen ses koeksisters saamvat.”

Elize vertel dat die smaak, tekstuur en ook die verpakking van die koeksisters beoordeel is.

“Ek het ‘n kontantprys gewen, maar dit is direk so in my besigheid in.”

“Solidariteit Helpende Hand het gesê hulle sal ons help met adverteer en ons raad gegee om met ons plaaslike VLU-takke en Suid-Afrikaanse Vroue Federasie-takke kontak te maak om aan ander kompetisies ook deel te neem.”

‘n Bobaas koeksister het dié eienskappe…

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button