Bosveld NewsNews

Hansies se spogvertoning

DIE Doppers en Filistyne toneelgroep van Hoërskool Hans Strijdom het verlede Woensdag tydens die interhoërtoneel by Hoërskool Piet Potgieter 'n skitter 80% behaal en Inge Lubbe is as die beste toneelspeler van die skool aangewys.

MOKOPANE – DIE Doppers en Filistyne toneelgroep van Hoërskool Hans Strijdom het verlede Woensdag tydens die interhoërtoneel by Hoërskool Piet Potgieter ‘n skitter 80% behaal en Inge Lubbe is as die beste toneelspeler van die skool aangewys.

Skoolhoof, George Klopper, bedank Annelie Scherman vir die skryf en afrig van die kreatiewe toneelstuk, asook vir Anne-Marie Becker vir haar bystand en hulp agter die verhoog.

Die toneelstuk verwerf ook 100%, hoogste lof, tydens die Eugène Marais Kultuurfees. Hansies se toneelklub nooi die gemeenskap uit om op 4 September te kom deel in die vermaak van die eenmanvertoning, die bekende komedie van Langenhoven, deur die bekende akteur en oud-Hansie, Eric Nobbs, as deel van ‘n fondsinsameling om die uitvoerende kunste van die skool te bevorder.

Nobbs het hierdie stuk al op verskeie kunstefeeste soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop en die Vryfees in Bloemfontein opgevoer, dit word hoog aanbeveel deur die resensente van groot dagblaaie.

“‘n Feestelike kuieraand om die tafels, met sjerrie, sop, brood, biltong, wyn en ‘n heerlike gelag word beplan,” vertel Scherman.

Kaartjies teen R100 per persoon is te koop by Scherman. Kontak haar by 084 585 8202, of vir Gerda Swanepoel by 084 512 9759. “Moenie die uitmuntende kultuuraand misloop nie,” sê Scherman.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button