Kruinies bou berge vir behoeftiges

Curro Heuwelkruin se leerders het verlede week gekyk watter graadgroep die hoogste berg uit donasies ten bate van liefdadigheid kon bou. Die reusagtige hope op die skool se rugbyveld het bestaan uit klere en skoene, huishoudelike ware, speelgoed en boeke. ‘n Lastige wind het telkens die leerders se pogings gefnuik deur die skenkings van die …

Curro Heuwelkruin se leerders het verlede week gekyk watter graadgroep die hoogste berg uit donasies ten bate van liefdadigheid kon bou.
Die reusagtige hope op die skool se rugbyveld het bestaan uit klere en skoene, huishoudelike ware, speelgoed en boeke.
‘n Lastige wind het telkens die leerders se pogings gefnuik deur die skenkings van die berge af te waai, maar uiteindelik kon die beoordelaarspaneel die moeilike taak aanpak om elke hoop behoorlik na te gaan en breedtes en hoogtes noukeurig te meet.
Die graad 10-leerders was die uiteindelike wenners en elke leerder het ‘n fliekkaartjie gewen.
Alle skenkings gaan aan die Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste se gemeen­skapsprojekte. Die finaliste sal dit op hul beurt aan instansies uitdeel volgens hulle unieke behoeftes.
Die finale ronde van die gewilde kompetisie vind in September plaas. Intussen werk al die spanne kliphard aan gemeenskapsprojekte, insamelings en die werwing van donasies vir projekte om ‘n blywende positiewe verskil in die gemeenskap te maak.

NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

Een van die hope skenkings by Curro Heuwelkruin.
Exit mobile version