Beskerm jou belangrikste bate, jou vermoë om te verdien

Die lewe gebeur met ons almal. Terwyl party hindernisse in die lewe makliker oorkom kan word, kan jou geldsake ’n ernstige knou kry of kan jou hele lewe ontwrig word indien jy vir ’n maand of twee nie ’n salaris kry nie. Die vermoë om ’n inkomste te verdien is waarskynlik jou waardevolste bate. Wat …

Die lewe gebeur met ons almal. Terwyl party hindernisse in die lewe makliker oorkom kan word, kan jou geldsake ’n ernstige knou kry of kan jou hele lewe ontwrig word indien jy vir ’n maand of twee nie ’n salaris kry nie.
Die vermoë om ’n inkomste te verdien is waarskynlik jou waardevolste bate. Wat sal gebeur as jy ’n paar maande of, erger nog, ’n paar jaar nie kan werk nie?
Wanneer jy siek of beseer is, sal jou inkomste miskien net ’n paar dae of maande geaffekteer word, maar soms kan dit vir die res van jou lewe geaffekteer word. Ongelukkig kry jy nog steeds rekeninge, al kry jy nie ’n inkomste nie.
Daarom is die beskerming van jou verdienvermoë so belangrik om jou finansiële welsyn te verseker. Aangesien dit verseker dat jy ’n bestendige inkomste het wanneer jy weens ongeskiktheid, siekte of besering nie kan werk nie, help inkomstebeskermingsdekking jou om steeds jou daaglikse lewenskoste te dek.
Hoewel inkomstebeskermingspolisse in die verlede individue slegs vir verlies van persoonlike inkomste gedek het, het Sanlam nou ’n meer omvattende produkreeks bekend gestel wat jou vir meer as bloot die verlies van inkomste sal dek.
As gevolg van die verandering in wyse waarop inkomstebeskermingsvoordele belas word, word ons nie meer beperk om slegs dekking vir verlies van inkomste te verskaf nie.
Daarom het Sanlam die geleentheid gebruik om sy Inkomstebeskermer uit te brei en dekking te verskaf vir ander gebeurtenisse wat ’n negatiewe impak op jou inkomste het. Indien jy byvoorbeeld tyd by die werk afneem om na jou siek wederhelf om te sien of as jy ’n inkorting het wat jou lewenskoste verhoog, sal jy dekking kry op grond van die feit dat jou relatiewe inkomste minder is.
Sanlam se hersiene Inkomstebeskermerproduk sluit opsionele voordele vir ’n gade en kinders in en hierdie voordele kan saam met die Siekte- en/of Tydelike Ongeskiktheidsinkomste-voordele geneem word. Daar is ook ’n opsionele Inkortingsinkomste voor aftrede-voordeel wat sal uitbetaal indien jy ’n permanente funksionele inkorting opdoen, met ander woorde ‘n inkorting wat ‘n permanente verlies van sekere van jou geestelike of fisiese vermoëns veroorsaak, ongeag of jy nog steeds kan werk of nie. Jy kan ook hierdie voordeel by aftrede verleng met Sanlam se Verlengde Ongeskiktheidsinkomste-voordeel.
Ander nuwe kenmerke is dat ons nou ook ‘n Doodinkomste-voordeel bied, wat by jou dood ’n maandelikse inkomste in plaas van ’n enkelbedrag aan jou afhanklikes betaal. Die Tydelike Ongeskiktheidsinkomste-voordeel sluit ’n omvattende lys van gedefinieerde eisgebeurtenisse in waarvoor jy ’n inkomste sal ontvang, ongeag of jy ’n verlies van inkomste gely het of nie. Hierdie eisgebeurtenisse sluit gewrigsvervangings, frakture, ligament- en ander beserings in. Dan is daar ’n basiese Totale en Permanente Ongeskiktheidsinkomste-voordeel vir persone wat slegs vir permanente ongeskiktheid inkomstebeskerming wil hê.
Ons het hierdie Inkomstebeskermerproduk saamgestel met die oog op die behoeftes van beide selfbesoldigde persone en persone in die formele werksektor. Indien jy ’n besigheid besit, sal hierdie dekking jou byvoorbeeld in staat stel om iemand aan te stel wat in jou afwesigheid die besigheid kan bestuur.
Indien jy vir ’n maatskappy werk, kan hierdie voordeel die uitgawes help dek indien die dekking wat jou werkgewer verskaf, nie genoeg is nie. Kontak Willem Barnard, Besigheidsbestuurder by Sanlam op 082 578 2664. Hy sal ‘n deskundige na u verwys. Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version