Editor's noteLocal NewsNews

Liefdesdiens hier in aksie by DBV

Party mense noem dit gemeenskapsdiens en ander noem dit vrywilligerswerk, maar Miems Cordewener noem dit liefdesdiens.

POLOKWANE – Party mense noem dit gemeenskapsdiens en ander noem dit vrywilligerswerk, maar Miems Cordewener noem dit liefdesdiens.

“Ek is aangestel as die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se tweedehandse winkel se bestuurder en dit is vir my ‘n liefdesdiens. Almal wat hier werk is vrywilligers, ons doen dit vir die liefde van die saak.”

Miems vertel sy werk haar lewe lank al in die kleinhandelbedryf en dat sy al bestuurder van verskeie ander winkels in die stad was. Sy sê om ‘n sukses van die winkel te maak is haar hoof plig.

Miems het drie kinders wat reeds uit die skool is en twee kleinkinders asook ‘n kleuter in haar pleegsorg. Sy het ook twee hondekinders en ‘n papegaai.

“Ek het twee dwerg-keeshonde (pomeranians) en is vreeslik lief vir hulle. My kinders bring gereeld diere by die huis aan wat ons dan huisves tot ons hulle eienaars opspoor. Ek is baie lief vir mense en vir diere.”

In haar vrye tyd geniet sy om kunsaktiwiteite te beoefen. Sy doen naaldwerk en verf ook graag. Sy is ook ‘n geestelike berader wat lief daarvoor is om ander mense te help.

“Ek glo ons moet mense leer om vrywilligerwerk te doen. Mense wil nie meer ‘n uur of twee afstaan om verniet te werk nie. Ons kort by die winkel nog tussen 10 en 20 vrywilligers. Al kan jy net een Saterdagoggend in die maand werk, sal dit al help. Die vrywilligers sal in die oggend of in die middag werk. Ek is voorlopig die hele dag by die winkel.” Die winkel het reeds op 1 Augustus begin handeldryf, maar die amptelike opening sal eers op 15 Augustus plaasvind.

Lesers word gevra om klere, boeke, speelgoed of enige ander items aan die winkel te skenk.

Die winkel is geleë in Savannah Mall op die grondvloer.

Vir enige navrae of skenkings, kontak gerus vir Miems gedurende kantoorure by 084 305 1497.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button