Local NewsNews

Toneelstuk ontknoop ‘n raaisel

'n Afrikaanse toneelstuk, Geraamtes in die Kas, is voorverlede Donderdag en Vrydagaand by die Library Gardens Ouditorium deur Drama Kings en Queens opgevoer.

POLOKWANE – ‘n Afrikaanse toneelstuk, Geraamtes in die Kas, is voorverlede Donderdag en Vrydagaand by die Library Gardens Ouditorium deur Drama Kings en Queens opgevoer.

Voor die toneelvertoning begin het, het twee gaskunstenaars, Chanté Whelan en Anneke Serfontein, gesing.

Die toneelteks vertel die storie van Jakes Pretorius (gespeel deur Mark Markgraaff) wie die eienaar van ‘n eiendomsagentskap is. Hy is ook betrokke by diamantsmokkelary. Nadat Pretorius sy persoonlike sekretaresse, Eva (gespeel deur Bianca Swanepoel), een aand gevra het om die kantoor en kluis te sluit, het sy die volgende dag spoorloos verdwyn saam met die diamante. Eva is as vermis by die polisie aangegee en speurder, Spiere Minnaar (gespeel deur JJ Janse van Rensburg), ondersoek die saak.

Terwyl Eva vermis is, stel Pretorius ‘n tydelike sekretaresse aan, te wete die dom blondine Suzy (gespeel deur Louise Groenewald). Minnaar kom na Pretorius se kantoor om hom the ondervra oor Eva se verdwyning, maar hy is nooit beskikbaar nie. Intussen hoor Georgina, die skoonmaker (gespeel deur Chantel Nel), geluide wat uit die kluis kom, maar sy ignoreer dit.

En wyl die polisie na Eva soek, is daar ander boewe wat op Pretorius se spoor vir die diamante is. Een van die boewe, Mike die Priester, besoek ook gereeld Pretorius se kantoor.

Op ‘n dag is die speurder, Mike, Suzy en Georgina by die kantoor en wag vir Pretorius.

Toe Pretorius opdaag hoor hulle almal ‘n geluid uit die kluis. Toe hulle dit oopmaak vind hulle Eva daar binne met die diamante.

Pretorius het haar glo per-ongeluk daarin toegesluit die aand toe hy haar gevra het om die kantoor en kluis te sluit. Hy het sy sleutels by die kantoor vergeet en toe hy terug by die kantoor kom was Eva nerens te vinde nie.

Onbewus dat Eva in die kluis was, het hy dit gesluit.

Die speurder het Suzy en Georgina laat gaan, maar besluit om Eva, Pretorius en Mike die Priester te arresteer.

Die groep het die speurder ‘n aandeel in die diamante aangebied en hy het toe besluit om hulle te laat gaan.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

 
Back to top button