Local NewsNews

Ouers leer meer oor kinders en hul geite

Ouers wie hul opvoedingstaak met passie aanpak, kon Vrydagaand kers opsteek by Meg Faure, medeskrywer van Baby Sense en The Sense Series.

POLOKWANE – Ouers wie hul opvoedingstaak met passie aanpak, kon Vrydagaand kers opsteek by Meg Faure, medeskrywer van Baby Sense en The Sense Series.

Sy het in die VS en Suid-Afrika met babas en jong kinders gewerk en spesialiseer in beide sensoriese integrasie en neuro-ontwikkeling. Sy werk veral met babas wat met sensoriese integrasie sukkel, wat buitengewone kieskeurigheid (fussiness), swak slaappatrone en eetprobleme insluit.

Pienkvoet Pret Polokwane, wat ontwikkelings- en stimuleringsklasse vir mammas en babas en kleuters aanbied, en Bumbles Cookery Club het gereƫl dat Meg met ouers kom gesels oor positiewe grense wat met outonomie en die ontwikkeling van karakter help.

“Ouerskap is ‘n uitdaging. Dit is moeilik, want die ma en pa bring elkeen hulle eie dissiplinestyl wat nie altyd ooreenstem nie. Verder is elke baba se persoonlikheid anders – wat vir een werk, werk nie noodwendig vir ‘n ander een nie. Daar is geen resep nie,” vertel Meg.

Meg sĆŖ elke ouer moet die doel hĆŖ om ‘n sterk, goed aangepaste kind groot te maak. En elke kind moet dissipline leer.

“Moenie ‘n kind te veel kontroleer of kritiseer nie. Dan ontwikkel hulle twyfeling. Terselfdertyd kort ‘n kind grense want so ‘n kind voel veilig. Ondersteun jou kind se onafhanklikheid en stel positiewe grense in plek.”

Elke kind moet ook leer om onafhanklik te wees. Meg vertel dat dit oor ‘n tydperk gebeur en dat ‘n kind ook van self-kontrole moet leer.

“Daar is ‘n paar wenke vir ouers. Kies jou stryd. As dit nie ‘n saak van gesondheid en veiligheid is nie, los dit. As hy elke dag in sy nagklere wil kleuterskool toe gaan, los hom. Voorkom negatiewe gedrag. ‘n Kind mag nie homself of iemand anders seermaak nie. Bevorder en skenk aandag aan positiewe gedrag en versterk grense. Dink altyd aan die rede waarom ‘n kind iets doen.”

Meg het ook nuttige raad gegee oor slaap- en eetwenke en het ‘n verskeidenheid vrae van die ouers geantwoord.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

 
Back to top button