Local NewsNews

Heerlike lafenis by basaar

Die geur van pannekoek, 'n vars plaasontbyt en heerlike spit-skaap hang reeds van vroegoggend in die lug by die Ons Tuiste ouetehuis waar hulle Saterdag hul jaarlikse basaar gehou het.

POLOKWANE – Die geur van pannekoek, ‘n vars plaasontbyt en heerlike spit-skaap hang reeds van vroegoggend in die lug by die Ons Tuiste ouetehuis waar hulle Saterdag hul jaarlikse basaar gehou het.

Bo en behalwe vir die pannekoek, was daar ook ander tuisgebak, kerrie en rys, poeding, vars vrugte en groente en boeke te koop. Die eetsaal was vol televisiestelle en rekenaars wat op ‘n veiling te koop was.

Kinders kon heerlik op ‘n springkasteel speel terwyl hul ouers ‘n lafenissie in die teetuin geniet. Die tombolatafel en wit olifanttafel was van die grootste trekpleisters by hierdie basaar.

“Die atmosfeer by die Ons Tuiste basaar is elke jaar heerlik. Die koue oggendlug kon my nie weerhou om hier ‘n draai te maak nie,” vertel Herman Klaasen.

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button