Local NewsNewsSchools

Teddies gooi hul deure wyd oop

Kleuters wat graag in 2016 wil deel word van die Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrumspan, en hul ouers het Saterdag die geleentheid gehad om na die skool te kom kyk en die onderwysers te ontmoet

POLOKWANE – Kleuters wat graag in 2016 wil deel word van die Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrumspan, en hul ouers het Saterdag die geleentheid gehad om na die skool te kom kyk en die onderwysers te ontmoet.

Van vroeg af reeds is die kleuters bekendgestel aan die verskillende klasse en al die aktiwiteite wat daar plaasvind. Ook kon hulle op die verskillende speelterreine gaan speel.

“Daar is ‘n winterspyskaart en ‘n somerspyskaart,” vertel Theresa de Bruin, een van die onderwysers.

“Die kleuters eet reeds voor skool en dan kry hulle twee keer ‘n dag peuselhappies en ook middagete. Op ‘n Vrydag pak die ouers vir hulle ‘n gesonde kosblik in.”

Die kleuters wat voldag bly, slaap ook en elkeen het hul eie kussingsloop.

Hulle bring ook kombersies saam vir die winter.

Terwyl die ouers die skool verken, het die kleuters mekaar beter leer ken en heerlik saamgespeel.

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button