Editor's choiceLocal NewsNews

As die skoen jou pas, trek dit aan

Ongeveer 10 jaar gelede het Noleen Bothma haar regtervoet verloor. Deur die jare het sy met tye skoene gekoop, maar sy kon nooit die regter skoen gebruik nie totdat sy van Lene-Mari Grobler gelees het...

POLOKWANE – Ongeveer 10 jaar gelede het Noleen Bothma haar regtervoet verloor nadat ‘n spinnekop haar gebyt het. Sy was ‘n regs-sekretaresse tot einde laasjaar. Deur die jare het sy met tye skoene gekoop, maar sy kon nooit die regter skoen gebruik nie. Dié het maar altyd iewers in ‘n kas beland.

In Maart hierdie jaar lees sy van Lene-Mari Grobler wat in ‘n ongeluk betrokke was en haar linkervoet verloor het.

“Ek het begin dink en die planne het in my kop begin draai en een dag het ek net geweet dat ek al my regterskoene vir haar moet gee. Ek het geweet sy sal dit kan gebruik,” vertel Noleen.

Noleen dra Greencross skoene met die hakke dieselfde hoogte as haar prostese. Die skoene is ‘n nommer sewe grootte en Noleen sê sy hoop dit pas vir Lene-Mari.

Lene-Mari se ma het vir haar die skoene gegee en Lene-Mari het bevestig dat hulle wel pas. “Ek is baie dankbaar vir die skoene en waardeer die gebaar vreeslik,” vertel sy.

 

‘Soldier on’ mom hears

Lene-Mari herstel goed

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button