PHS skenk bloed

Hoërskool Pietersburg (PHS) het op Woensdag, 29 Julie 'n bloedskenkkliniek gehou waartydens leerders, ouers en personeel asook ander lede van die gemeenskap tyd kon afstaan om 'n held te wees en 'n lewe te red.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) het op Woensdag, 29 Julie ‘n bloedskenkkliniek gehou waartydens leerders, ouers en personeel asook ander lede van die gemeenskap tyd kon afstaan om ‘n held te wees en ‘n lewe te red.

Daar was 141 moontlike skenkers, waarvan 130 kon bloedskenk. Die ander 11 is weggewys op grond van mediese redes.

“Ons is teverede met die opkoms.

“Dit is wonderlik dat soveel mense kom skenk het, ons waardeer elkeen se bloed,” het Dottie Pinn, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) Polokwane, gesê.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version