NewsSchools

Kruinies bou berge, brûe

Leerders en personeel het besluit om klere, speelgoed, beddegoed, skoene en selfs meubels, na die skool te bring waar elke graad dan 'n "berg" bou op die rugbyveld.

POLOKWANE – Die uitdrukking: “Dit lê soos ‘n berg voor my” word dikwels gehoor wanneer iemand opsien na ‘n taak wat hy of sy moet verrig. Leerders by Curro Heuwelkruin het egter besluit dat ‘n berg nie ‘n slegte ding is nie en dat hulle graag berge wil bou.

Op Donderdag, 30 Julie het al die leerders en personeel van die skool besluit om klere, speelgoed, beddegoed, skoene en selfs meubels, nuut of tweedehands, na die skool te bring waar elke graad dan ‘n “berg” bou op die rugbyveld. Die graad wie se berg die hoogste en grootste was, wen dan fliekkaartjies vir die hele graad.

Die items wat op hierdie manier ingesamel is, word tussen die Mnr. en Mej. Heuwelkruin finaliste verdeel wat dit dan by hul onderskeie welsynsorganisasies gaan afgee.

Die wenners van die fliekkaartjies is nog nie bekend gemaak teen druktyd nie.

“Ons is baie dankbaar vir al die items wat almal help insamel het.

“Iewers gaan baie mense binnekort baie gelukkig wees,” het Bianca Jardim, een van die Mnr. en Mej. Heuwelkruin finaliste, gesê.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button