Myn wil inwoners betrek

IVANPLATS se myn-bedrywighede is 'n enorme projek en die gemeenskap sal eerste ingetrek word soos werksgeleenthede beskikbaar raak.

MOKOPANE – IVANPLATS se myn-bedrywighede is ‘n enorme projek en die gemeenskap sal eerste ingetrek word soos werksgeleenthede beskikbaar raak.

Dit was die boodskap van ‘n span afgevaardigdes van die myn wat lede van die Mokopane Sakekamer verlede Donderdagaand toegespreek het oor die myn se planne en vooruitsigte.

Die lede het in die saal van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes bymekaar gekom waar hulle meer kon hoor oor die reuse projek. Ivanplats het in November verlede jaar sy langtermyn-mynlisiensie bekom vir sy Platreef platinum projek sowat 10 km buite die dorp. Die mynregte is toegeken met spesifieke voorwaardes om seker te maak die omgewing word beskerm en dat die plaaslike gemeenskap maksimaal by die projek ingetrek en opgehef word.

Die afgevaardigdes het verduidelik dat Ivanplats hom ten doel stel om plaaslike mense aan te stel soos werk beskikbaar raak en is onder meer reeds betrokke by die toestaan van beurse, vaardigheidsopleiding, sanitasie by skole in die omgewing en die ontwikkeling van die Lesedi Early Childhood ontwikkelings- en sakesentrum.

Na afloop van die voorlegging het inwoners almal heerlik saam gekuier.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version