Kruinies voorsien ‘n huis

Mnr. en Mej. Heuwelkruin finaliste, Jaco van Wyk, Janique Jacobsz en Nichardt van Niekerk, het tydens hulle soeke na gemeenskapswerk afgekom op 'n minderbevoorregte gesin van vier.

POLOKWANE – Mnr. en Mej. Heuwelkruin finaliste, Jaco van Wyk, Janique Jacobsz en Nichardt van Niekerk, het tydens hulle soeke na gemeenskapswerk afgekom op ‘n minderbevoorregte gesin van vier.

“Ons het begin navrae doen opsoek na iemand wat ons kan help en Peet Bredenkamp van Pietersburg Laerskool het ons van hierdie gesin vertel. Hulle bly op plotte buite die dorp in ‘n asbes afdak. Dit is ‘n klein vertrek wat onder ‘n afdak ingetrek was en daar was net koue water in die badkamer,” vertel Janique.

Die leerders het ingespring en borge gekry vir alles wat benodig word om ‘n nuwe huis vir die gesin te bou. Die pa doen los houtwerkies en die ma is werkloos. Die kinders is in gr. 6 en gr. 10.

“Dit is ‘n groot geskenk. Ons bly nou ‘n week in die nuwe huis en dit is lekker om weer my eie kamer te hê,” vertel die dogter.

Die gesin het van Johannesburg na Polokwane verhuis opsoek na werk. In Desember het hulle blyplek gekry op die plot en die Heuwelkruin finaliste het in April van hulle gehoor. Die pa loop soms dorp toe of ry saam met ander mense, die kinders maak ook gebruik van geleenthede om skool toe te gaan.

“Ons is werklik verlig oor die huis. Dit is so lekker,” vertel die ma.

Die finaliste was ook betrokke by die Theunis Fichardt Hospitium, Piglet Créche en die twee hawelose skuilings in die dorp. Hulle het hul ook ontferm oor ‘n gr. 12-leerder wie se ouers in September verlede jaar oorlede is tydens die ineenstorting van T.B. Joshua se kerk.

“Ons doel is om ‘n verskil te maak in ander mense se lewens, dit maak ons gelukkig,” vertel Jaco.

Die span wil net die volgende besighede en individue bedank vir hul borge en bydrae: Daleen, Polokwane Bricks, NTY Staal, Chandlers Plumbing, EH Hassim, Mighty Elektries, Westacers, EasyLife Kitchens, Dawie Groenewald, dr. Hannes Willemse, Riaan Strydom (Rainwatergoods), Nitruco, CTM, Esmoené, Cranes Crest Inv., Ralf Brinkman, Zoemia Safaris, Riaan du Preez en Sakkie Nieuwoudt.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version